Alpine F1-span

Renault F1 RS01 van René Arnoux.
Jarno Trulli in die Renault F1 R203

Alpine F1-span, wat meeding as BWT Alpine F1 Team,[1] is 'n Formule Een-vervaardiger wat hul debuut gemaak het aan die begin van die 2021 Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen. Diie span was voorheen bekend as die Renault F1-span en in besit van die Franse motormaatskappy Groupe Renault. Die span is hernoem vir 2021 om Renault se sportmotorhandelsmerk, Alpine, te bevorder en dien steeds as Renault se fabriekspan. Die onderstel en bestuurskant van die span is gebaseer in Enstone, Oxfordshire, Engeland, en die enjinkant van die span is gebaseer in Viry-Châtillon, 'n voorstad van Parys, Frankryk.

  1. "BWT and Alpine F1 Team combine forces in strategic partnership aimed at sustainability drive". Alpinecars.com. 11 Februarie 2022. Besoek op 11 Februarie 2022.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne